Bemarkings- en kommunikasiebestuurder (391 views)

South Africa
September 25, 2018

Kunste Onbeperk is ’n niewinsgewende organisasie wat jaarliks die KKNK, Klein Karoo Klassique asook verskeie werkswinkels en programme as deel van die Klein Karoo Kunste-Akademie aanbied.

Die maatskappy spits hom toe op die bevordering, aanmoediging en bewaring van kuns, kultuur of gewoontes, hoofsaaklik deur middel van Afrikaans; of enige ander verbandhoudende openbare weldaadaktiwiteit. Die maatskappy se visie is om ’n leier in en deur die kunste te wees.

Ons is op soek na ’n ervare bemarkingsbestuurder wat toesig sal hou oor alle bemarkingsaktiwiteite vir Kunste Onbeperk se feeste, produksies en ander projekte. Die geskikte kandidaat sal uitgebreide bemarkingservaring hê en passievol wees oor die ontwikkeling van die kunste. Ondervinding in die bemarking van teaterproduksies en feeste sal ’n voordeel wees.

Die bemarkingsbestuurder sal Kunste Onbeperk help om sy groei- en transformasiebeleid te bestuur en sal bemarkingsaktiwiteite van die feeste lei. Dit behels die aktivering van veldtogte en blootstelling op  verskeie media: televisie, radio, gedrukte en digitale media. Daar moet spesifiek aandag gegee word aan die uitbreiding van ons sosialemedia-platforms.

Vereistes

  • Graad 12, plus ’n toepaslike graad of diploma
  • ’n Minimum van vyf jaar toepaslike werkservaring
  • Ondervinding in die hantering van inligtingsessies en bemarkingsveldtogte
  • ’n Goeie begrip van digitale en sosialemedia-platforms en hoe om dit die beste te benut
  • Bedrewe in Afrikaans, praat en skryf, en ’n vermoë om die taalversorging van kopie en dokumente te behartig
  • Ondervinding in die beplanning, bestuur en bemarking van feeste en teaterproduksies sal tot voordeel wees
  • Uitstekende organiserings- en beplanningsvaardighede
  • Moet verantwoordelik, betroubaar en geloofwaardig wees

Hoewel Kunste Onbeperk se hoofkantoor in Oudsthoorn is, kan die kandidaat van die huis af werk. Die bereidheid om te reis, veral rondom die feesdatums, is ’n vereiste.

Salary: Negotiable

JOB IS EXPIRED.